Oor Die Oog

Die Oog vakansie-oord is een van die land se voorste warmbron-vakansie-oorde. Die Oog kry sy naam van die natuurlike warmbron op die terrein waar die boorgatwater 42 grade Celcius is. Die oord bestaan al vir meer as 45 jaar en het al verskeie ontwikkelings ondergaan deur die jare.

Die Oog se vriendelike Bosveld atmosfeer, gematigde klimaat en verskeidenheid van fasiliteite maak dit ‘n gewilde bestemming. Die oord is ideaal geleë vir ‘n maklike naweek-wegbreek minder as 2 ure van Gauteng af, op snelweë en teerpaaie tot by ons hek.

Die oord is gemik op die familie en ons maak spesiaal voorsiening vir kinders van alle ouderdomsgroepe sodat die ouers ook kan rus! Gereelde vakansie-programme, swembaddens, ‘n “super tube” glybaan en nog vele ander fasiliteite sal almal vir die hele dag besig hou.

Ons bied verskeie akkommodasie-opsies wat verskillende tipe selfsorg-eenhede insluit, asook karavaan- en kampeerstaanplekke en ons selfsorg Safarikamp.

Kyk gerus op ons foto-gallerye en beskrywing van die akkommodasie vir verdere besonderhede en om te besluit wat aan jou behoeftes sal voldoen. Teken in vir ons nuusbrief om op hoogte te bly van ons nuutste aanbiedinge en inligting.

WANNEER JY ONS BESOEK

  • Besoekers mag by jou aansluit as dagbesoekers van 8:00 – 20:00. Jy moet hulle net self inteken by Ontvangs en hulle betaal dagbesoekersfooie van R50 per voertuig en R50 per persoon (kinders bo 3 ingesluit).
  • Troeteldiere word nie toegelaat op die oord nie.
  • Die spoedbeperking is 15 km per uur vir almal se veiligheid.
  • Beddegoed mag slegs binne die eenhede gebruik word. Bring asb. ‘n eie piekniekkombers indien jy dit gaan benodig.
  • Quad bikes mag nie op die oord rondry nie. Indien jy by ons oorslaap en quad roetes in die omgewing gaan ry, mag jy van die Ontvangs tot by jou eenheid ry binne die spoedgrens.
  • Geen harde musiek en geraas – neem asb. jou bure in ag.
  • Maak asb. seker jou braaivleisvuur is geblus na gebruik.

AANKOMS- & VERTREKTYE

  • Die akkommodasie sal normaalweg gereed wees teen 14:00, maar indien julle vroeër arriveer mag julle intussen van die fasiliteite gebruikmaak. Soms mag die eenheid ook vroeër beskikbaar wees – vra by Ontvangs wanneer julle aankom.
  • Ontruim asb. die eenheid teen 10:00 en handig die sleutels en DSTV afstandbeheer in by Ontvangs sodat die eenheid vir die volgende gaste voorberei kan word. Julle is welkom om op die oord te bly tot 16:00 en jy kan ook vra om later te ontruim wanneer julle arriveer – dit sal afhang of die eenheid na julle bespreek is.

Oord uitleg

Ligging van eenhede

Die ligging van die verskillende eenhede kan hier gesien word:

Chalets uitleg

Die Oog site layout chalets 1 to 101

Die Oog site layout chalets 101 tot 182

Kampeerterrein uitleg

Safari-kamp uitleg