Fasiliteite

Die Oog vakansie-oord bied ‘n verskeidenheid van fasiliteite om jou vakansie meer pret en minder werk te maak. Dit sluit die volgende in:

  • Warm- en kouewaterswembaddens, waterglybaan (“super tube”) en ander waterverwante fasiliteite
  • Sportfasiliteite om jou en die kinders aktief en besig te hou
  • Spyseniering- en skoonmaakdienste om jou lewe so gemaklik moontlik te maak tydens jou vakansie
  • Wildkamp en staproetes om die natuur te kan geniet

WATERPRET

  • Warmwaterswembad: Die natuurlike warm minerale water van Die Oog was nog altyd gewild. Die swembad word rondom 32 grade Celsius gehou en kan deur die jaar gebruik word.
  • Super tube: Daar is min dinge wat kinders en die jonges van gees so vermaak as die immergewilde waterglybaan.
  • Kouewaterswembad: Vir lekke afkoel in die somerhitte in in die Waterberge, is die kouewaterswembad net die ding.
  • Kinderswembaddens: Ons het nie van die ou kleintjies vergeet nie – hulle het hulle eie vlak swembaddens waarin hulle kan blajaar.

SPORTFASILITEITE

  • Vlugbal: Vir die aktiewes onder ons gaste is daar ‘n vlugbalbaan vir ure se pret.
  • Tennisbane: Of jy nog mik om professioneel te gaan speel en of jy net ‘n paar balle wil slaan om te ontspan – daar is 2 bane om jou uit te leef.
  • Putt putt: Vat die kinders vir ‘n lekker rondte putt putt of kyk of jy jou vriende kan klop met hierdie lekker tydverdryf.
  • Pooltafels: Daar is 7 pooltafels wat met muntstukke werk in ons hoofgebou.

ANDER FASILITEITE

  • Dameskroeg en wegneemetes: Ons wegneemete-kiosk bly oop tot laat sodat jy nie die moeite het om vir jouself hoef kos te maak nie.
  • Geriefswinkel: Vir daardie benodighede waaraan jy nie gedink het nie en die paar noodsaaklikhede wat jou verblyf nog lekkerder sal maak is daar ons geriefswinkel in die hoofgebou.
  • Wasgoeddiens: Indien jy lank genoeg bly, het jy dalk ‘n wasgoeddiens nodig vir daardie vakansieklere. Ons bied ‘n volledige wasgoeddiens aan.

STAPROETES

Die Limpopo Provinsie staan bekend as Afrika se Eden en bied aan besoekers die essensie van die ongetemde Afrika wildernis – van uitgebreide bergreekse tot ware Suid-Afrikaanse Bosveld. Dit is ‘n land van kontraste met warm savanna vlaktes en mistige berge en tussendeur oeroue inheemse woude en moderne dorpe en fasiliteite.

In hierdie plattelandse rustigheid vind jy Die Oog vakansie-oord met sy wildskamp waar besoekers eerstehands die natuur kan ervaar op rustige staptogte. Dit bied die geleentheid om die fauna en flora van die area van naderby te ervaar.

Die Oog het drie pragtige staproetes wat gaste op hulle eie kan aanpak sonder ‘n gids. Die roetes neem 1 uur, 2 ure en 4 ure onderskeidelik en oral langs die rustige roete is daar rusplek en uitkykpunte om die wild- en voëllewe in te neem.

  • Njala roete: 2.6 km (ongeveer 1 uur)
  • By roete: 4.5 km (ongeveer 2.5 ure)
  • Luiperd roete: 6.5 km (ongeveer 4.5 ure)

Die staproetes is GRATIS, maar ‘n afstandbeheer word benodig om die elektroniese hek oop te maak om toegang te kry tot die wildskamp. Die afstandbeheer is beskikbaar by Ontvangs teen betaling van ‘n terugbetaalbare deposito van R200